Veediefstal Voorkoming

Image
'n TAG word om die dier se nek gehang en dit stuur radioseine na 'n Kontrole stasie.
Die Kontrole Stasie stuur weer die inligting deur na ‘n Server.
Die Server verwerk die inligting en genireer ‘n alarm indien daar hoe aktiefwiteit is.
Die merkers word van krag voorsien deur 'n battery met 'n verwagte leeftyd van drie tot vier jaar.
Ons merk as 'n reel omtrent 10% van jou diere afhangend van die ras en groote van troppe
Die Kontrolestasie word op 'n 4 - 9m hoë paal gemonteer wat op die plaas opgerig word. Elke Kontrole stasie word van krag voorsien deur 'n battery wat deur 'n sonpaneel herlaai word.
Let daarop dat 'n Kontrole stasie se opvangs radius tot 3 km kan wees afhangende van terrein topografie en die hoogte van die veldstasie (lengte van die paal en of dit op 'n koppie staan ens.).
Ons werk as reel met 'n minimum opvangs-radius van 300ha per Kontrole stasie of Herlei stasie.
Kontrole of herlei stasies moet tags kan 'sien' (line of sight) om 'n tag se sein op te tel!
By hierdie pakket word die alarm dan, sodra die vee abnormaal rondbeweeg, via ‘n sms en ‘missed call’ vanaf die Kontrole stasie na die boer se selfoon gestuur.
Die volle stelsel is ‘peuter bestand’ en sal dus alarm maak indien daar met enige van die komponente (insluitend die Kontrole stasie) gepeuter word.
Die “dud” tags is maar net om verwarring te bewerkstellig sodat diewe nie net sekere diere uitkeer nie. Jy kan al die diere merk of net soveel soos jy verkies.
Image

ProBuzz se
Missie

Vee diefstalle gebeur deedsdae te maklik in Suid Afrika

Kom ons maak dit vir die veediewe so moeilik as moontlik om in hulle doel te slaag.

Ons maak dit vir boere so so maklik as moontlik om veediefstalle te voorkom.

Fauna Track

Laai die katalogis af...
pro-buzz-logo2.png

102 Paul Laesecke straat
Bethlehem, 9700

Epos: [email protected]
Telefoon: 058 303 9388
Selfoon: 082 414 3242

Volg Ons

Kopiereg © ProBuzz 2020. Alle Regte Voorbehou.

Search