Brandmerke op Gesteelde Vee

Brandmerke op Gesteelde Vee

Alle boere wat diere herken of klagtes het kan asb met hul eie veediefstal Eenheid skakel sodat hulle veediefstal met WO Moshoadiba (Heilbron Veediefstal Eenheid) kan skakel. 

Mientjie Kok kan ook gekontak word by die Veediefstal Hulplyn.

VEEDIEFSTAL HULPLYN

Die RPO Vrystaat en Vrystaat Landbou (VL) in samewerking met die NWKV Vrystaat begin op 1 Februarie 2019 met die Veediefstal Hulplyn loodsprojek wat deur Mientjie Kok bedryf sal word vanaf 08h00 tot 13h00 daagliks, Maandae tot Sondae. Hierdie organisasie befonds die projek en borgskappe word ook ingewin. 
Wanneer 'n landbouer 'n veediefstal voorval het, moet hy/sy die SAPD kontak (naaste polisie stasie) om die misdaad aan te meld.  Die SAPD uniformtak lid moet die toneel besoek. Nadat die SAPD geskakel is, skakel die landbouer die Veediefstal Hulplyn by 0861 999 300 waartydens Mientjie die A1 verklaring telefonies sal afneem. Die verkaring word per e-pos na die klaer terug gestuur om seker te maak al die feite is korrek, waarna die landbouer 'n uitdruk maak van die e-pos verklaring. Die verklaring word in die teenwoordigheid van SAPD geteken en beëdig wanneer hul op toneel opdaag. Alle oproepe word opgeneem vir kwaliteitskontrole doeleindes.
Indien die klaer inbel en die Veediefstal hulplyn is beset kan hy/sy solank 'n whatsapp met sy persoonlike besonderhede (naam, van, plaasnaam, tel nr en foto van brandmerk sertifikaat) stuur aan 079 524 5040 (NB-HIERDIE SEL NOMMER ONTVANG NIE OPROEPE NIE). Andersins kan 'n stemboodskap of e-pos met u kontakbesonderhede gelos word. Die e-pos adres is [email protected].  Mientjie sal u terugskakel sodra die ander oproep klaar is.
Mientjie gaan die Veediefstal hulplyn vir die volgende 3 maande alleen beman, waarna dit moontlik uitgebrei kan word met meer mannekrag afhangend van die behoefte vanaf landbouers se kant.  Die Veediefstal Hulplyn sal die RPO en VL (georganiseerde landbou) in samewerking met SAPD en Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in staat stel om die impak/omvang van die eiendoms verwante misdaad te bepaal asook maniere om dit effektief te bekamp in samewerking met boerdery gemeenskappe. Die projek resorteer  onder Dr Jane Buys.
Versprei asb boodskap na al die Gebiedskantore, Landbou Verenigings, RPO, NWKV en alle ander kommoditeits organisasies in u area.
pro-buzz-logo2.png

102 Paul Laesecke straat
Bethlehem, 9700

Epos: [email protected]
Telefoon: 058 303 9388
Selfoon: 082 414 3242

Volg Ons

Kopiereg © ProBuzz 2020. Alle Regte Voorbehou.

Search

{gallery}brandmerke{/gallery}